NewsSchools

Teatergooga byt Jannas

Jannas-leerlinge ervaar twee produksies, Stil en Porselein in Pretoria.

Die teatergogga het Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) gebyt.

Die skool het verlede maand die Centurion Teater besoek om Stil te kyk. Stil is ’n Universiteit van Stellenbosch Woordfees-produksie van ’n belowende en innoverende teaterskrywer, Jannes Erasmus.

‘n Plaaslike koerant in Centurion het die produksie so beskryf: “Sonder waarskuwing, gryp die produksie jou aan die keel, sleep jou in en los jou nie voordat die wilde rit verby is nie.

Die stuk is intiem, persoonlik, eerlik en skram nie weg van bloed nie. Dit is beslis ook nie vir jong of sensitiewe kykers nie.”

Jannes het persoonlik met elke Jannas-leerling bladgeskud en drukkie gegee – glo ‘n hoogtepunt gedurende die uitstappie.

Hierna, op 17 Maart het 24 Jannas-leerlinge toe die Staatsteater in Pretoria besoek om nog ‘n dramaproduksie, Porselein, te sien.

Porselein gaan oor huisehoudelik geweld en molestering. Die drama het mooi by Jannas se Sit Jou Voet Neer-veldtog aangesluit.

Na die produksie het Jannas-leerlinge Porselein se karakters en regisseur ontmoet waar elke leerling het ‘n getekende program van die mense agter die skerms ontvang het.

Jannas was by beide geleenthede gelukgewens met hulle puik teater etiket en goeie maniere.

Die Jannas-leerlinge wat die twee produksies beleef het. Foto ingestuur.
Die Jannas-leerlinge wat die twee produksies beleef het. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: [insert related story here and hyperlink]

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button