Local newsNews

Eliakim Lofdal se deure oop vir almal

'Dit is ‘n land wat stukkend is en net God kan dit genees.'

Eliakim Lofdal Gebedshuis hou elke Sondag oggend ‘n Heilige Gees gevulde lering aangaande die Woord van God.

Pastoor Willie de Bruyn van die Eliakim Lofdal Gebedshuis nooi enige persone uit om die spesiale dienste elke Sondag om 10vm by te woon. Die Eliakim Lofdal Gebedshuis is geleë op Plot 11, Pad 5 in Wheatlands. Vriende en familie van die gemeenskap is ook hartlik welkom.

Volgens Pastoor Willie du Bruyn van die Eliakim Lofdal Gebedshuis sien mens deesdae soveel verkeerd in ons land.

“Wanneer ‘n mens die nuus kyk of die koerante lees, sien mens daagliks misdaad, roof, moord, korrupsie, drank en dwelmmisbruik en selfs verkragting.

Dit is ‘n land wat stukkend is en net God kan dit genees.

“Kom nes jy is en wees deel van die genesingswerk van God,” sê Pastoor Willie.

• Navrae: Willie du Bruyn by 011 416 3566.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button