NewsSchools

Riebeeck presteer by spraakgildekompetisie

‘n Totaal van 55 spanne het deelgeneem.

Hoërskool Riebeeckrand se redenaarsgroepe het onlangs goed gevaar tydens ‘n spraakgildekompetisie teen onder andere Helpmekaar, Pietersburg, Jeugland en Bastion.

‘n Totaal van 55 spanne het deelgeneem.

Die volgende uitslae is behaal:

• Die graad 8 A-span het met ‘n eerste plek weggestap en spog met ‘n uitstekende gemiddeld van 90 persent

• Die graad 8 B-span het ‘n vyfde plek behaal en 87,5 persent

• Die graad 9-span het ook ‘n vyfde plek behaal en 84,25 persent

• Die graad 10 A-span het ‘n vierde plek en ‘n gemiddeld van 79 persent behaal terwyl die B-span trots is op hul 11de plek en 73 persent

• Die graad 11-span het ‘n gemiddeld van 88 persent en tweede plek behaal

• Die graad 12 A-span het ‘n tweede plek en 84,4 persent behaal. Die B-span spog met ‘n vyfde plek en 79 persent en die C-span ‘n sesde plek en 76 persent

• Die graad 8 A-span asook die graad 11-span was toe verlede Donderdag genooi na ‘n spoggerige gala-aand

Riebeeck is trots op elke span wat aan die spraakgildekompetisie deelgeneem het,” het Elzeri Wrigth, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button