Riebeeck sluit kwartaal kleurvol af

'Almal het hope pret gehad en dit was omtrent 'n kleurvolle spul.'

Hoërskool Riebeeckrand het Vrydag die kwartaal met hul opwindende Kleurfees afgesluit.

Die ‘Colourfest’ soos hy eintlik bekendstaan is ‘n jaarlikse instelling wat gewoonlik gepaard gaan met ‘n projek maar vanjaar het Riebeeck eerder besluit om dit slegs vir pure pret te doen.

Ons wil hê leerlinge moet net so hard speel as wat hulle werk,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Volgens Elzeri het die klok so skuins na 10vm gelui waar al die leerlinge toe na die veld beweeg het om hul kleurvolle poeier vir slegs R5 te koop.

“Die leerlinge het tougestaan om so gou moontlik poeier verf te kry sodat hulle die ‘geveg’ kon begin. Almal het hope pret gehad en dit was omtrent ‘n kleurvolle spul.”

Nadine Schoeman, ‘n leerling sê, “Hierdie is sommer baie pret…en hallelujah, dit is nou vakansie!”

Annemarie Sutherland probeer al die poeierverf vermy.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version