Jannas kyk deur die lens

'Foto's is immers al wat 'n mens oor het as die ouderdom jou inhaal'

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se fotografieklub is besig om nuwe hoogtes te bereik.

Die Jannas-fotograwe, Tiaan van Niekerk, Amper Parker, Sashe van den Heever en Charl A Ludick gaan binnekort fotografiekursusse bywoon om hul talente te ontwikkel.

“Foto’s is immers al wat ’n mens oor het as die ouderdom jou inhaal,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Sy het gesê fotografie is deesdae so deel van die aktiwiteite by Jannas dat die skoolbestuur dit goedgedink het om hul leerlinge daarby te betrek.

Hierdie leerlinge is te sien agter die kamera by al wat ’n gebeurtenis is waar Jannas-leerlinge betrokke is. Van hulle foto’s word gebruik in plaaslike koerante.

“Die groep neem selfs inisiatief om kompetisies te reël waarby die res van Jannas-leerlinge deelneem en groot pryse kan wen,” het Tamaryn gesê.

“Jannas is baie trots om te kan sê hul leerlinge gebruik hul talente en ontwikkel so.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version