NewsSchools

Rappies dra by tot droogteverligting

'Rappies het in een week 'n fenomenale hoeveelheid water ingesamel.'

Laerskool Rapportryer het verlede week 5 000 liter water ingesamel en dit aan UD Trucks – ‘n groot wêreldwye vragmotor vervaardiger – oorhandig as deel van hul water- en voerinsamelingsprojek.

“Die waterprojek vorm deel van ‘n nasionale projek van UD Trucks waar ons water insamel en dit dan vanaf Stormill in Roodepoort sal versprei na gebiede toe wat dit die meeste nodig het.

Rappies het in een week ‘n fenomenale hoeveelheid water ingesamel,” het Elize van der Westhuizen van UD Trucks en ook ‘n inwoner van Randfontein gesê.

Kim Newson, ook van UD Trucks, het bygevoeg hulle beoog om ten minste 50 000 liter water vir die in nood in te samel.

Anica van der Westhuizen, 11, van Rappies sê, “Dit is baie lekker om ander mense te kan help.”

Johan Venter, Rappies-adjunkhoof het die leerlinge gehelp om al die bottels water in ‘n bakkie te pak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button