Jannas se Bennie Boekwurms

Met 'n gemiddeld van 80 persent en meer is dié leerlinge iemand om mee te reken.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs tydens ‘n spoggeleentheid hul top leerling van elke graad aangewys.

“Ons is baie opgewonde oor die uitslae aangesien dié leerlinge die toekoms van ons skool is,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Met sulke top leerlinge glo die skool dat hulle weereens vanjaar met ‘n slaagsyfer van 100 persent kan spog.

Jannas se top leerlinge is dus:

• Angelique van Niekerk – gemmiddeld van 94 persent

• Tiaan van Niekerk – gemmiddeld van 99 persent

• Ashley Dayanand – gemiddeld van 80 persent

• Renier van Dyk – gemiddeld van 82 persent

Angelique is ‘n voormalige Laerskool Rapportryer (Rappies) leerling en het die dux-leerling toekenning ontvang vir Graad 8 in 2015. Sy het die beste prestasie vir al nege haar vakke ontvang.

Tiaan, die Graad 9 dux-leerling in 2015 het die beste vak prestasie vir sewe van sy nege vakke ontvang.

Ashley het die Graad 10 dux-leerling toekenning in 2015 gekry. Sy sê sy wil graag BCom Beleggingsbestuur gaan studeer by die Universiteit van Pretoria (Tukkies).

Renier was aangewys as die Graad 11 dux-leerling in 2015.

Renier werk baie hard die jaar om nege onderskeidings in sy finale matriekeksamen te behaal,” sê Tamaryn.

Verlede jaar was Renier as die skool se beste leerling in Fisiese Wetenskap en Wiskunde aangewys. Hy was ook in dieselfde jaar as Jannas se jaarlikse Wêreldkennis Olimpiad aangewys.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version