NewsSchools

Rappies hou Ysterman-kompetisie

Die seuns moes aan verskeie aktiwiteite deelneem om hulle kragte te meet.

Laerskool Rapportryer se seuns het verlede maand aan die Meneer Ysterman-kompetisie deelgeneem.

Seuns in elke graadgroep het meegeding om te sien wie die top drie ystermanne van die graad is. Hulle moes aan verskeie aktiwiteite deelneem om die wenners te bepaal. Elke groep moes deur ’n seil kruip, motorbande stoot, opstote doen, en waterdromme, bakstene en sandsakke dra.

Só is die seuns se uithou- en deursettingsvermoë getoets, en gesien wie het die meeste krag. Aan die einde was almal uitgeput, maar hulle het dit baie geniet en was baie trots om elkeen ’n trofee te kon ontvang vir hul deelname en prestasies.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button