Ram-atlete kookwater in D-2 streek
Skoolwoordvoerder: Tien van ons atlete onder die eerste twee plekke geëindig.
‘n Groot groep atlete van Laerskool Randfontein (Ram) was kookwater tydens die D2-atletiekbyeenkoms.
Volgens Annie Nolan, woordvoerder van Ram, “Het tien van ons atlete onder die eerste twee plekke geëindig.”
Só het hulle gevaar:
• Kurt de Swart – 1ste (200 meter hekkies), 2de (verspring) en 2de (100 meter)
• Tiané Lotter – 1ste (150m) en 2de (100 meter)
• Devonique Breedt – 2de (800 meter)
• Lelani Roodt – 2de (1500 meter)
• Deziré Nortjé – 1ste (hoogspring en verspring)
• Chris Wilken – 2de (diskus)
• FG Mulder – 2de (gewigstoot)
• Eunan Nortjé – 2de (verspring)
• Anuschka Combrinck – 2de (70 meter hekkies)
• Anri Naude – 1ste (100 en 150 meter)
Hulle is ook in die D2-span opgeneem wat die afgelope naweek tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe in Ruimsig in aksie was.
Die amptelike resultate is nog nie bekendgemaak nie. Leon Haupt, skoolhoof asook die Ram-personeel is trots op elkeen.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!