Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rappies: Gauteng-kampioenskappe hier kom ons

Spanbestuurder: Ons weet hulle gaan die skool se naam hoog hou.

’n Taai atletiekseisoen by Laerskool Rapportryer het sy hoogtepunt begin nader met die D2-kampioenskap wat op 16 Februarie by Hoërskool Noordheuwel gehou is.

Atlete wat daar deelgeneem het moes almal goed presteer in al drie rondtes van die kompetisie. Die eerste hiervan is die huissport waar die skool se leerlinge met mekaar meeding vir ‘n plek in die skool atletiekspan.

Hierdie skoolspan neem deel aan die Sirkel C-kompetisie waarby ses skole betrokke is. By die sirkelkompetisie word twee atlete uit die onderskeie baanitems en drie uit die velditems gekies.

Die Sirkel C-span neem dan deel aan die subdistrikte byeenkoms, waar meer as 30 skole verteenwoordig word. Eers daarna word die ster-atlete in die subdistriktespan ingesluit wat aan die D2-byeenkoms deelneem. By die D2-byeenkoms ding die Randfontein-streke sowel as die Krugersdorp-streke mee vir ’n plek in die D2-span.

Dit is om hierdie rede dat ons baie trots is op ons atlete wat hierdie span gehaal het ” het spanbestuurder Jaco Bezuidenhout gesê.

Almal by Rappies sê baie sterkte aan Marzaan Mellet, Ashley Stewart, Liesl Pio, Megan Engelbrecht , Christiaan Fourie en Zurica van Heerden met die Gauteng-atletiekkampioenskappe; hulle weet hul atlete sal Rappies se naam hoog hou.

Drie van die atlete, Ashley Stewart, Zurica van Heerden en Megan Engelbrecht. Besoek ons webwerf www.randfonteinherald.co.za vir 'n foto van al ses die uitblinkers.
Drie van die atlete, Ashley Stewart, Zurica van Heerden en Megan Engelbrecht. Besoek ons webwerf www.randfonteinherald.co.za vir ‘n foto van al ses die uitblinkers.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button