Riebeeck se top redenaars in die kollig

'Riebeeckrand se redenaars handhaaf ‘n hoë standaard met uitstekende prestasies elke jaar.'

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul jaarlikse interne redenaarskompetisie aangebied en dit het goed gegaan.

Die senior leerlinge het op Dinsdag, 9 Februarie die beoordelaars beïndruk met hul uitstekende redenaarstalente en die junior leerlinge die Woensdag.

Riebeeckrand spog graag met ses top redenaarsleerlinge.

By die juniors het Tiaan van Tonder met die eerste plek weggestap, Simoné van den Berg die twee plek en Zandrie Deysel en Annika Kotze gesamentlik die derde plek. Corinne Human het by die seniors ‘n eerste plek behaal, Dewald Naudé en Amoré Parau gesamentlik die tweede plek terwyl Ju-hanie Wilken die derde plek bekleë het.

Riebeeckrand sien ook met verwagting uit na goeie prestasies tydens al die kompetisies waaraan hul redenaars gaan deelneem naamlik ATKV, Spraakgilde, RACA en NEA.

Volgens die skool handhaaf Riebeeckrand se redenaars elke jaar ‘n hoë standaard met uitstekende prestasies.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version