CrimeLocal newsNews

Jong buurtwag stel goeie voorbeeld

'Ons probeer om die misdadigers uit ons buurt te jaag, nie 'n reaksie by hulle te lok nie.'

Waterpan se buurtwag met Johan van Wyk aan die stuur is ‘n reuse sukses sedert hulle in September verlede jaar gestig is.

Johan van Wyk, Louis Nel en Johann Oosthuizen het die Herald een middag ingelig.

Die buurtwag is op 18 September 2015 begin, kort nadat van Wyk ‘n slagoffer van ‘n inbraak was.

Die misdadigers het glo voordat hulle enige skade kon berokke gevlug nadat hulle ‘n alarm lig in een van die kamers gewaar het.

Van Wyk het toe besluit om die gemeenskap van die omliggende plotte te nader en kort voor lank was die buurtwag op sy voete.

Die buurtwag bestaan uit 25 lede en werk hand aan hand met die Bekkersdal Polisie.

GBS, ‘n private veiligheidsmaatskappy, wat die naby geleë leegstaande huise bewaar, werk ook saam met die buurtwag. Die 25 lede werk in skofte van twee ure elk, waar die gemeenskap van Waterpan elke aand presies weet wie aan diens is, ingeval van ‘n noodgeval.

Almal het ‘n rooster ontvang van wie aan diens is om onnodige tyd en oproepe te spaar. Hulle het ook ‘n Whatsapp-groep waar almal in kennis gestel word indien daar ‘n probleem is.

In die eerste week van die buurtwag se bestaan het hulle klaar drie verdagtes aangekeer wat hulle daarna aan die polisie oorhandig het. Nel verduidelik dat vanaf die buurtwag aan bewind is, is misdaad ingeperk en het hulle skaars probleme.

Van Wyk verduidelik verder dat hulle nie vuurwapens of geweldadigheid gebruik nie, aangesien hulle lede se veiligheid eerste kom.

Ons probeer om die misdadigers uit ons buurt te jaag, nie ‘n reaksie by hulle te lok nie,” sê van Wyk.

Waterpan buurtwag wil graag hulle lede, GBS-veiligheidsmaatskappy hartlik bedank vir hulle bystand, pligsgetrouheid en flukse werk.

Hulle wil ook graag dankie sê aan KPMM konstruksie, wat hulle omliggende paaie letterlik vir hulle gelyk gemaak het. Oosthuizen sê dat hulle altyd op soek is na nuwe lede om by hulle buurtwag aan te sluit.

Enige persoon wat graag deel wil word van die Waterpan Buurtwag, of kan help met donasies van tweerigting radio’s, ligte of reflekteer baadjies, kan gerus vir Johan skakel op 071 131 2067.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button