Local newsNewsSchools

Riebeeck verras DBV

Skool: Mense help mekaar, maar nie sommer diere nie.

Hoërskool Riebeeckrand se senior raad het onlangs die Randfontein en Westonaria Dierebeskermingsvereniging (DBV) verras.

Die skool het ‘n groot donasie dmv 96kg hondekos aan die DBV te skenk. Hulle het dit self ingesamel.

Dit kom nadat die senior raad (Graad 12s) besluit het om vir die kwartaal hul liefdadigheidsprojek aan diere te wei. ‘n Beter plek as die DBV kon hulle ook nie kies nie.

Leané van Aswegen, Eliz-Mari Reynolds, Vicky du Buisson (hoofdogter) asook Sasha-Lee Roestorff het die 41 ander lede van die senior raad verteenwoordig.

Mense help mekaar, maar nie sommer diere nie. Ons wil die gemeenskap graag bewus maak van die DBV net hier in ons midde. Baie leerlinge is nie eers bewus dat hier ‘n DBV so naby aan ons is nie en hulle besef ook nie dat die DBV hulp nodig het nie.”

Janette wou graag die skool bedank.

“Baie dankie vir die groot donasie. Dit is so lekker om te sien dat Riebeeck ons ondersteun en dit gaan ons sommer baie help.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button