Local newsLocal sportNewsSport

Cornelia op pad Wallis toe vir Wêreldkampioenskappe

Cornelia: Moet nie opgee nie en gee net elke dag jou beste.

Cornelia Joubert, ‘n oudleerling van Laerskool Rapportryer is hard aan die oefen. Sy is slaggereed om Suid-Afrika in Maart tydens die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Halfmarathon-wêreldkampioenskap in Cardiff, Wallis te verteenwoordig.

Cornelia, wat reeds 25 jaar in Randfontein woon, het vir die eerste keer nasionale kleure oor haar kop getrek toe sy in 2014 aan die 21,1km wêreldkampioenskappe in Copenhagen deelgeneem het. Ongelukkig het sy ‘n stresfraktuur in haar regtervoet opgedoen en kon gevolglik nie in die Olimpiese Spele-uitdunne meeding nie.

Kort na haar besering was Cornelia toe vir ses maande buite aksie, maar dit het haar daarna slegs ‘n maand geneem om weer superfiks te word.

Cornelia was 13 toe sy haar talent vir hardloop ontdek het. Dit is nou haar groot liefde. Toe sy in Hoërskool Bastion in Krugersdorp was, het sy die eerste van verskeie medaljes verower. Sedert 2013 ryg sy die medaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in.

Daardie jaar het sy tydens die Suid-Afrikaanse Marathonkampioenskappe in Oudtshoorn met die eerste plek weggedraf – die jongste atleet wat so goed presteer het. Sy het ook in daardie jaar die Mauritius Marathon gewen. In 2015 het sy ‘n bronsmedalje verower in die 21,1km, wat haar laat kwalifiseer het om vanjaar in Wallis te kan deelneem.

Sy bedank haar afrigter, Hein Mare, vir sy hulp en bystand en vertel dat sedert hy haar afrig haar prestasies merkbaar verbeter het.

Sy verduidelik dat haar gunsteling afstand die 10 000 meter is en hoe verder sy hardloop, sy meer energie bou sy op.

Cornelia volg ‘n natuurlike dieet en gebruik nie spesiale energiedrankies of pille nie. Sy oefen twee maal per week in die gim en slyp twee maal per dag haar hardloopvaardighede. Saterdae en Sondae ontspan sy ook nie. Sy het ‘n sewejarige seuntjie.

Cornelia se raad vir opkomende atlete is, “Jy moet hard werk vir wat jy wil bereik. Moet nie opgee nie en gee net elke dag jou beste.”

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button