Local newsNewsSchools

Jannas se nuwe generasie leiers aangewys

Skoolhoof: Wees die stem wat jy ontvang het, waardig.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs hul nuwe generasie Graad 8 Verteenwoordigende Leerling Raad (VLR) vir 2016 aangekondig.

“Met groot opgewondenheid het die leerlinge die massiewe taak aanvaar. Hulle het op Maandag, 15 Februarie hul indiensopleiding ontvang om seker te maak dat hulle suksesvol sal wees in alles wat hulle as nuwe VLR gaan aanpak,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Julius Katzke, skoolhoof sê, “Baie geluk aan die leerlinge asook hul ouers met die prestasie. Dit is ‘n groot taak. Wees die stem wat jy ontvang het, waardig.”

Die graadverteenwoordigers is:

• Herma Bosman

• Ernst Roestorff

Nuwe VLR (seuns en dogters):

• Jacorene Visser

• Herma Bosman

• Madeline Steynberg

• Monique van Dyk

• Lee-Ann van Dyk

• Ruan Young

• Waldo Horn

• Ernst Roestorff

• Divan de Jager

• Eugene Willemse

• Juante van Tonder

Verlede jaar was Herma die hoofdogter by Laerskool Randfontein (Ram). Eugene wat ook verlede jaar by Ram was, het ook aan hulle VLR behoort as onderhoofseun.

Herma Bosman en Ernst Roestorff is Jannas se nuwe Graad 8 graadverteenwoordigers. Foto: Ingestuur.
Herma Bosman en Ernst Roestorff is Jannas se nuwe Graad 8 graadverteenwoordigers. Foto: Ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button