Nuwe kapteins van Jannas pom-poms aangekondig

Skool: Hulle het groot skoene om vol te staan.

Die nuwe kapteins van Hoërskool Jan Viljoen se pom-pom span wil voortbou op die sukses van die voriges.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder het Chanté Laubscher en Lezandré Haywood groot skoene om vol te staan.

Elouise Oberholzer en Veronique Rossouw het naam gemaak en dié besonderse pom-pom groep sedert 2013 tot groot sukses gelei. Ons glo vas dat die nuwe kapteins, Chanté en Lezandré net so suksesvol sal wees en Jannas se trofeëkas nog voller sal maak in 2016.”

Tamaryn het bygevoeg, “Die pom-poms is reeds hard aan die werk vir ‘n opkomende kompetisie. Hulle oefen 12 ure elke naweek.”

Die pom-pom span se afrigter en choreograaf, Mario Gomes was so tevrede met Chanté en Lezandré dat hy al tydens die eerste amptelike oefening vanjaar op hulle besluit het.

En al is dit die Graad 8s se eerste jaar by die skool is daar 10 groentjies in die span.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version