Riebeeck Graad 8’s ontvang elk ‘n Bybeltjie

'Die doel is om mans en vroue, seuns en dogters na Jesus Christus te lei.'

Die Gideons het Hoërskool Riebeeckrand Maandag 15 Februarie besoek om ‘n klein Bybeltjie (testament) aan elke Graad 8-leerling te oorhanding.

Francois Graaff Senior, Gideons Streek 2-kapelaan het gesê, “Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika het net een doelwit en dit is om mans en vroue, seuns en dogters na Jesus Christus te lei.

Ons doen dit deur persoonlike getuienis en deur die plasing van die Woord van God op plekke waartoe gewone mense gewoonlik nie toegang het nie.

“Hierdie internasionale organisasie bestaan sedert 1899 en is tans in 200 lande reg oor die wêreld georganiseerd. Al ons lede is professionele of sakemanne wat vir Jesus lief het en ‘n verskil in mense se geestelike lewens wil maak. Dis ons voorreg om elke Graad 8-leerling in die land met sy of haar eie Nuwe Testament in die taal van hul keuse te voorsien.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version