Local newsNews

Ons is eintlik 13 jaar oud – skrikkeljaarvriendinne

'Ons het in werklikheid nog net 13 keer verjaar.'

Marianna Lopes en Anna Motlafi, albei 52, het een groot dag in gemeen – hulle is op 29 Februarie 1964 in ‘n skrikkeljaar gebore.

“Ons het in werklikheid nog net 13 keer verjaar, so ons is eintlik nog tieners,” het Marianna en Anna laggend gesê.

Die twee vriendinne het mekaar ontmoet toe Anna, wat al 20 jaar by Robinson Hospitaal werk, Marianna se pasiëntvorm raakgesien het. Sy het opgemerk dat hulle op dieselfde dag in 1964 gebore is. Van daardie dag af, 10 jaar gelede, is hulle vriendinne.

Die groot vraag aan hulle was hoe hulle dan hul verjaarsdag vier en watter dag hulle kies as hulle geboortedag, as dit dan net elke vier jaar skrikkeljaar is.

Die eerste Maart. Ons kan nie die 28ste kies nie, aangesien ons dan nog nie gebore was nie; die beste dag is dan 1 Maart,” het hulle amper gelyk geantwoord.

Die vriendinne verduidelik dat dit definitief meer spesiaal is om elke vierde jaar op die 29ste verjaarsdag te vier.

“Dit is dan net meer werklik.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button