Local newsNewsSchools

Jannas vier liefde heel week lank

Skool: Dit is duidelik dat geld nie die wêreld laat draai nie, maar wel liefde.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het Valentynsdag gevier, maar een dag was nie genoeg nie. Daar is toe sommer besluit om ‘n Valentynsweek te hou.

Op die Maandag voor Valentynsdag het Jannas-dogters rooi strikkies gedra en die seuns het dit die volgende dag van die liefdesweek gedra. Woensdag het leerlinge kreatief geraak en hul kouse versier. Van die kouse was rooi, sommige leerlinge het strikkies en klokkies aan hul kouse gehad terwyl ander onmaatskouse aangehad het.

Op die vierde dag was leerlinge in die kleure van die liefde geklee.

Skrikkeljaar het beslis nie die seuns afgeskrik om die pragtige dames na die jaarlikse Valentynsdans te vra nie,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Die dag voor Valentynsdag was dit opskoptyd in die Jannas-vierkant – leerlinge het gedans en gebraai in die gees van Valentynsdag.

Liefde is nie net beperk tot ‘n sekere ouderdom nie. Die religiekomitee saam met Elzita Oberholzer het Vriendskaptuiste op Valentynsdag besoek waar hulle sjokolade aan die bejaardes uitgedeel het.

“Dit is duidelik dat geld nie die wêreld laat draai nie, maar wel liefde. Jannas het definitief tot die spesiale dag bygedra,” het Tamaryn gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button