Oud en jonk kan beslis uit sien na Saterdag, 12 Maart vir Melktandjies se kleuter-atletiekdag by Laerskool Randfontein.
Volgens die skool beloof die dag om baie opwindend te wees vir oud en jonk. Wat is tog ouliker as Randfontein-kleuters wat hul alles gee in die atletiekitems?
Die volgende aktiwiteite sal gedurende die dag plaasvind:
• ‘n Parade om die baan; kleuteratletiek; verspring; besemstok-gooi; toutrek; balgooi; malvalekker eet en Monkeynastix-items
• Na die tyd kan almal ook die Melktandjies-personeel met waterbalonne gooi
• Springkasteel; gesig verf en die beste Kiddies Entertainment wat ook daar gaan wees waar hul ‘n trein, swaaie, verfbal (paintball), die maak van kersies, verfborde; karakter- en suikerballonne gaan aanbied.
• Daar gaan verskillende stalletjies beskikbaar wees
• Alle kleuters van enige skool kan inskryf vir die atletiek, (koste is R5). Inskrywings kan individueel of in skoolverband gedoen word.
• Alle kleuters van ouderdom een tot ses kan deelneem.
• Elke kleuter wat vroegtydig inskryf, sal ‘n medalje ontvang
• Die verrigtinge begin 8vm vir 8.30vm op Laerskool Randfontein se sportgronde, Ewart Straat en die ingang is R5 per persoon.
• Navrae: Denise Kruger by 082 333 7631/ 011 693 1561.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!