Local newsNews

Telkom kom tog tot bejaarde paartjie se redding

Weerlig het 'n kabel beskadig, sê Telkom.

Daar is tog ‘n lig aan die einde van die tonnel vir ‘n bejaarde paartjie wat met hul foutiewe Telkom-lyn gesukkel het.

Gabriël de Bod, 76 en sy vrou Rita , 71, het die ongerief van ‘n foutiewe telefoonlyn gehad wat buite werking was. Hul vrees was dat niemand in geval van nood tot hul redding sou kon kom nie.

Rita is nie gesond nie en ly onder andere aan hartprobleme, asma, ‘n gehoorprobleem en artritis. Sy sukkel ook om te loop. Gabriël kon nie sy vrou alleen by die huis laat nie want sy kan nie ‘n selfoon hoor lui nie en as daar iets gebeur, kan sy nie vir hulp skakel nie.

Lede van hul familie en selfs die buurvrou het Telkom verskeie kere geskakel om te hoor of daar enige vordering is maar elke keer was die antwoord, “We are attending to this problem.” Uit desperaatheid het die De Bods die Herald genader.

16 dae later het Telkom-tegnikus Koos Kruger hul dag gemaak. Sy vrou het in die Herald van 5 Februarie van die paartjie se kommer gelees.

Sy het dadelik vir haar man die artikel gewys en siende dat hulle in Randfontein woon het Kruger die volgende dag sy hoofde van die De Bods se situasie vertel. Daarna het hy die De Bods se besonderhede by die Herald gaan vra. Die probleem is toe binne een dag opgelos.

Leigh-Ann Francis, ‘n Telkom-skakelbeampte, het soos volg gereageer: “Ons vra om verskoning dat dit so lank geduur het om die probleem op te los. Die fout het ontstaan toe weerlig en ander weerverskynsels buite ons beheer die netwerk beïnvloed en buitengewoon baie probleme veroorsaak het. Om dié rede het dit ons tegnici lank geneem om die betrokke fout reg te stel. Ons het intussen die kabel wat deur weerlig getref is, vervang en ons kliënt se diens herstel.”

Gabriël bedank graag vir Telkom.

“Ons is so dankbaar vir Telkom-tegnikus Koos Kruger en sy vrou, wat ons situasie raakgesien het en dadelik tot ons redding gekom het. Sulke tipe mense gee ‘n mens weer hoop.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button