Melktandjies vier die dag van liefde

Skoolhoof: Ons gaan die hele week die spesiale dag van liefde vier.

Rooi was die kleur tydens Melktandjies Kleuterskool se valentynsdagvieringe op Dinsdag, 9 Februarie.

Die skool was met balonne, blommetjies en hartjies versier en is daar ‘n te oulike kompetisie vir die kinders gehou. 46 kinders tot en met die ouderdom van ses jaar oud het deelgeneem.

Seuntjies en meisies het te fraai gelyk en hulle het dit ook baie geniet om vir ‘n verandering almal dieselfde kleur aan te hê.

Die wenners van die kompetisie was Verinique Ayres en Paul Gwenzi. Denise Kruger, die hoof sê dat hulle die hele week die spesiale dag van liefde gaan vier.

“Woensdag dra die meisies rooi strikkies in hul hare, Donderdag dra die seuns rooi strikdasse en Vrydag dra almal rooi kouse.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version