Riebeeckrand se mooi tradisie

Trane het gevloei en daar was van oor tot oor geglimlag.

By Hoërskool Riebeeckrand bestaan die tradisie van Poortloop en net soos ander jare het die Graad 8-leerlinge vir die jaar 2016 verlede Vrydag die eer gehad.

Elke Graad 8-leerling asook nuwe leerlinge en personeel van Riebeeckrand stap na die afloop van die inburgeringsprogram en die groentjiekonsert deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word.

Met hierdie mooi geleentheid ontvang elke leerling ‘n sertifikaat en onderneem hulle om altyd deel van die skool en sy aktiwiteite te wees.

Die Poort se hekke was op Vrydag, 5 Februarie deur die hoof, personeel, die beheerliggaam en die hoofleiers oopgesluit sodat die Graad 8s, nuwe leerlinge en personeellede die poorthekke kon binnegaan.

Die Graad 8s en hul ouers sal nie die besonderse gebeurtenis sommer vergeet nie. Trane het gevloei en daar was van oor tot oor geglimlag.

Aan die einde van 2020 sal die Graad 8s – nou al matrikulante – weer deur dieselfde Poort se hekke na buite stap met die simbool dat hulle as volwaardige Riebeeckranders trots die wye wêreld ingestuur kan word.

Tyron de Jager met sy sertifikaat.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version