En die lekkerste plek op aarde is …

Die beligting en dekor was ook uitstekend gedoen.

Hoërskool Riebeeckrand het verlede Donderdag hul jaarlikse groentjiekonsert aangebied waar die tema Minions was.

Op die dag het ouers, familie, mede-leerlinge asook onderwysers te opgewonde in die saal bymekaargekom met Tweedledee en Tweedledum as aanbieders.

Vier Minions het toe op die verhoog verskyn. Hul missie was om die gelukkigste plek op aarde te vind. Tweedledee – gespeel deur Annika Kotze – en Tweedledum – gespeel deur Tiaan van Tonder – was maar baie skepties.

Die rede vir dit was baie gou duidelik aangesien die Minions bestaan het uit Dowwe Dolla, Klaas Vakie, Ben Brilletjies en Versigtige Fanie.

Die Minions het verskeie plekke besoek op hul reis om die gelukkigste plek op aarde te vind. Die plekke was onder andere, Namakwaland, die Serengeti in Afrika, Mosambiek, Soweto en Westonaria. Die Graad 8-leerlinge het onderskeidelik op die verskillende plekke opgetree waar hulle hul dans- en dramatalente ten volle kon uitleef.

Bobbejaan, Aap en Kat het ook hul verskyning op die verhoog gemaak om die Minions te oortuig en te lei na waar hulle dink die gelukkigste plek op aarde is. Die groentjies se kostuums was uit die boonste rakke. Dit was helderkleurig en kreatief. Die beligting en dekor was ook uitstekend gedoen en die gehoor was baie in hul noppies oor viral die see- en stormtoneel.

Riebeeck het ook hul eie klein Jacob Zuma gehad wat vir groot humor gesorg het.

Op die einde het die Minions uiteindelik die gelukkigste plek op aarde gevind – Hoërskool Riebeeckrand. Die boodskap was duidelik: Gewoonlik lê geluk reg voor jou neus …

Die Minion-karakters was gespeel deur Versigtige Fanie (Tiaan Wilken), Klaas Vakie (Peet van Jaarsveld), Dowwe Dolla (Tyllin Barnard) en Ben Brilletjies (Xandré du Plessis).

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version