Local newsNewsSchools

Bekende gesig besoek Jannas

Skool: Ons skool word sowaar geseën op elke gebied en met alles wat ons aanpak.

Doktor Rodney Seale, ‘n bekende motiveringspreker en outeur het onlangs Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) besoek.

Rodney het reeds ‘n lys van 18 boeke agter sy naam wat Tiener Selfdood, A tot Z van Ouerskap en ’n Nuwe tiener in 7 dae insluit.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder het Rodney ‘n kragtige boodskap aan die leerlinge oorgedra. Die boodskap was dat leerlinge in hulself, hul toekoms en bo alles in God moet glo.

Godsdiens is die belangrikste bousteen by Jannas en glo ons, niks kan bereik word as dit nie vir die genade van ons Here is nie. Ons skool word sowaar geseën op elke gebied en met alles wat ons aanpak. Ons bly dankbaar en op ons knieë,” het Tamaryn gesê.

Die skool bedank graag vir Rodney en Pi Pretorius, die organiseerder van die motiverende toespraak.

Woorde kan ‘n mens óf opbou óf breek en hierdie toespraak is op die regte tyd gereël – skole in Gauteng het ‘n maand terug begin en leerlinge benodig nou meer motivering as ooit.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button