Local newsNews

Elke dag moet Valentynsdag wees

Jan staan Stienie nog altyd mooi by. Hy het destyds gehelp doeke was en het ook in die nag opgestaan toe hul kinders nog babas was.

Met Valentynsdag om die draai het die Herald vir Jan en Stienie Roux van Vriendskapstuiste oor hul liefdesgeheime uitgevra.

Jan, 82, en Stienie, 77, is al 55 jaar getroud en het vir die eerste keer in 1959 ontmoet.

Jan het ‘n vriend se troue bygewoon en Stienie se ma het hom genooi om die aand oor te slaap aangesien hy nie ‘n motor gehad het nie. Stienie was heeltemal onbewus daarvan en het groot geskrik toe sy die man in haar bed aantref. Dit was die begin van ‘n pragtige lewe saam.

Jan het vertel hy het onmiddellik op Stienie verlief geraak en sy humorsin was vir haar baie aantreklik. Hulle is op 4 Februarie 1961 in die Kalahari getroud. ‘n Seun en ‘n dogter is uit hul huwelik gebore.

Jan, wat voorheen met tamaties in die Laeveld geboer het, het verduidelik dat hulle nie Valentynsdag te ernstig opneem nie want dit moet elke dag Valentynsdag wees.

Hul geheim vir geluk in verhoudings en huwelike is eerstens gesamentlike geloof in God, dat jy nie kwaad gaan slaap nie en dat enkelbeddens nie ‘n goeie idee is nie.

As julle deur ‘n moeilike tyd gaan, moet julle terugkeer na die Here toe en daar antwoorde soek,” glo Jan.

Hulle waarsku ook dat die tong skerper is as die swaard en dat elkeen eers selfondersoek moet doen as ‘n paartjie probleme ondervind.

Stienie is duidelik baie trots op haar kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en op Jan wat al Meneer Vriendskapstuiste en Meneer Persoonlikheid was. “Hy is baie gewild hier, hy help almal wat hulp nodig het en hy is die enigste man in ons gang.”

Hulle het gelag terwyl Jan geantwoord het, “Die ander woord vir weduwee is ‘onopgeloste moord’.”

Jan staan Stienie nog altyd mooi by. Hy het destyds gehelp doeke was en het ook in die nag opgestaan toe hul kinders nog babas was. Stienie sukkel nou met rumatiek en kan nie lank staan nie, maar Jan doen baie vir haar.

Hier is ses punte wat die egpaar oor die jare in hulle gelukkige huwelik toegepas het:

• Vertel die ander persoon wat jy van hom of haar waardeer

• Jy moet kan sê : “Ek het ‘n fout gemaak”

• Vra die ander persoon hoe hy of sy oor ‘n saak voel

• Vra altyd met ‘n asseblief by

• Sê altyd dankie

• Onthou ons is belangriker as ek

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button