Local newsNews

Herald verwelkom kadet vir 2016

Ek sien uit na al die uitdagings en ook om as junior verslaggewer te kwalifiseer.

Hi, my naam is Alanicka Lotriet en ek sluit by die Herald aan as kadet vir 2016.

Ek het in Roodepoort grootgeword, maar woon al lank genoeg in Randfontein om myself as `n ware en trotse Randfonteiner te beskou.

Skryf was nog altyd een van my voorliefdes, asook enige iets kreatief doen waar ek iets kan skep wat nie vroeër bestaan het nie, onder andere stories en musiek.

Ek beskou myself as `n plat-op-die-aarde persoon met `n lus vir die lewe; altyd op soek na die volgende avontuur. As `n humoristiese persoon glo ek elke donker wolk het `n silwer randjie en dat die lewe nie altyd té ernstig opgeneem moet word nie.

Ek sien daarna uit om betrokke te raak by die gemeenskap as kadetjoernalis deur soveel moontlik te leer om sodoende betroubare leesstof te lewer wat aanklank sal vind by die dorp en sy mense. As kadet hier by die Herald sien ek uit na al die uitdagings en ook om as junior verslaggewer te kwalifiseer.

Kontak my gerus via epos by cadet3@caxton.co.za indien u enige versoeke het.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button