Pure pret, wen of verloor

Elke deelnemer het 'n trofee ontvang want by Rappies Pre-Primêr is elkeen 'n wenner.

Op dié vlak gaan dit nie oor wen of verloor nie. Dit gaan oor trotse ouers en die lekkerte van deelneem.

Dit was die geval toe Rappies Pre-Primêr se kleuters verlede Donderdag 28 Januarie hul jaarlikse atletiekbyeenkoms gehou het.

Volgens die skool het meer as 300 kleuters van drie tot ses jaar oud aan die pretgeleentheid deelgeneem. Die kleuters het vir die vale in die naellope gehardloop met die o.6’e in aksie in die 60 meter, die o.5’s in die 50 meter, o.4’s in die 40 meter en die o.3’s in die 30 meter.

Elke deelnemer het ‘n trofee ontvang. Rappies Pre-Primêr bedank graag Laerskool Rapportryer, skoolhoof Karel Stoop en elke personeellid sowel as Sonja van Tonder vir ‘n uitmuntende dag.

Renske van Staden het die resies baie geniet. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version