Local newsNewsSchools

Jannas-matrieks is ‘n ernstige saak

Jannas hoof, Julius Katzke het vanjaar se matrieks uitgedaag om geskiedenis te maak deur weer 'n 100 persent te behaal.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs hul eerste matriekoueraand aangebied om ouers in te lig oor wat matriek by Jannas beteken.

“‘n Mens verander nie aan ‘n wenresep nie, daarom bou Jannas voort met die boustene wat bygedra het tot ons suksesvolle uitslae van verlede jaar se matrieks,” sê Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder.

Die eerste oueraand was gehou op Dinsdag, 26 Januarie. Belangrike sake was bespreek. Matriekvakpersoneel was aan ouers bekendgestel en ouers was ingelig oor die harde werk wat hulle saam met hul kinders sal moet in sit wat ekstra klasse tot half vier insluit asook SMS’e, druiponderhoude en vele meer.

Julius Katzke, skoolhoof het vanjaar se matrieks uitgedaag om geskiedenis te maak deur weer ‘n 100 persent te behaal asook die meeste onderskeidings te kry en die grootste getal kandidate te werf wat graadstudies kan behaal.

Arno Skead en Kobie Nel is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en bedank die skool en hulle ouers wat bydrae tot hulle ondersteuningstruktuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button