Jaarlikse dorpsdiens ‘n reuse sukses

Die doel van die diens was om ’n diens vir die gemeenskap te lewer

Die Randfontein Ekumeniese Leierskring het een Sondag in Januarie (10 Januarie) hul jaarlikse gesamentlike dorpdiens op Hervormde Kerk Midpark se gronde aangebied.

Soos verwag, was dit ‘n sukses. Die doel van die diens was om ’n diens vir die gemeenskap te lewer. Die tema vir 2016 was ‘Gister, vandag, môre’ om sodoende jonk en oud te betrek.

Hester Esterhuizen, sekretaresse van Randfontein Ekumeniese Leierskring sê, “Ons het ons leiers van ons plaaslike skole gebruik om deel te vorm van ons diens. Die skoolhoofde Julius Katzke van Hoërskool Jan Viljoen en Annelize van den Berg van Hoërskool Riebeeckrand het deel gevorm van die diens.

Die opkoms was wonderlik gewees. Al het die vorige nag se storm ons bekommerd gemaak sou ons dans in die reën want gebede word verhoor. Dr. Isak Burger het die boodskap gebring met die teksvers van Hebreërs 13 vers 8: Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”

Die volgende gesamentlike dienste wat hierop volg is Hemelvaartdiens (Donderdag, 5 Mei by Hervormde Kerk Midpark om 7nm) en ‘n Versoeningsdiens (Vrydag, 16 Desember by NG Noord gemeente om 8vm).

Die span wat agter die gordyne werk is Hester Esterhuizen (Hervormde Kerk Midpark), Wimpie Kritzinger (NG Noord), Past. Justin Dreyer (AGS Randfontein), Pastoor Hannes van der Merwe (AGS Groene Weivelde), Linda Barnard (ATKV) terwyl die klank deur Goudrif produksies verskaf word.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version