Local newsNews

Haarkappers reik uit na Gateway Village

Huismoeder: Elke vrou wil graag mooi lyk en dié inwoners is glad nie 'n uitsondering nie.

Monique Saunders, eienaar van Mirrors – Hair, Nail en Beauty Salon in Randfontein asook ‘n haarkapper, Lizelle Colsby het onlangs Gateway Village in Ruimsig gaan besoek en inwoners van die Nedcore Hoogsorgeenheid bederf.

Valerie Bosch, huismoeder van die eenheid vertel hoe Monique en Lizelle weereens hul tyd afgestaan en produkte gebruik het om die inwoners se hare te kleur, te sny en spesiale aandag aan elk te gee. Bosch verduidelik dat die inwoners van onder andere autisme; verstandelik en serebrale gestremdhede; Angelman en Down-sindroom asook breinskade ly.

Gateway Village in Ruimsig bestaan uit sewe huise, ‘n ouetehuis en ‘n hoogsorgeenheid.

Bosch verduidelik, “Baie mense is ongelukkig bang vir ons inwoners. Hul uiterlike en optredes skrik mense af maar Monique en Lizelle is sonstrale in hul lewens.

Elke vrou wil graag mooi lyk en dié inwoners is glad nie ‘n uitsondering nie. Die spesiale aandag wat aan hulle deur die haarkappers gegee was, word verskriklik baie waardeer.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button