Local newsNews

Groot, groter….pampoen!

'Mense moet besef dat hulle selfonderhoudend kan wees, en groente is definitief die begin," sê Olivier.

Francois Olivier is ‘n deeltydse boer wie se groente die afgelope jaar ‘n goeie opbrengs gelewer het.

Francois het ‘n groot verskeidenheid groente op sy hoewe in die Randfontein-distrik. Hy kweek boontjies, wortels, Engelse pampoene, uie, komkommers, aartappels, blomskorsies, blomkool, beet, spanspek, blaarslaai, murgpampoene, tamaties en soetrissies.

Francois het verduidelik dat met die groentepryse wat so styg, dit die manier is waarop huishoudings in die toekoms hul begrotings kan laat klop.

Mense moet besef dat hulle selfonderhoudend kan wees en groente kweek is definitief ‘n begin,” het hy gesê.

Francois het gesê die beste tyd om saad te plant is mid-September. Die meeste saad word aangekoop, maar soos in die geval van tamaties, kan mens die sade van jou eie groente oes en later saai. Meeste groente groei in die somer, maar in die winter is beet, wortels en blomkool redelik bestand teen die koue.

In die winter plant Francois lusern en hawer hoofsaaklik vir perdevoer, maar hy het vertel dié twee gewasse plaas die minerale terug wat die groente daaruit gehaal het en maak die grond meer vrugbaar.

Hy werk ook bees- en varkmis in om die grond vrugbaarder te maak. Hy verkies om nie gifstowwe te gebruik nie, maar as hy moet, gebruik hy die minimum. Die heel belangrikste is dat die groente elke dag baie water moet kry. Gewoonlik kan hy net so ‘n bietjie meer as twee maande nadat hy geplant het, begin oes. Gelukkig sukkel hy nie juis met peste en plae nie, maar ruspes en motte skep nou en dan probleme .

Yolandi Killian, Francois se verloofde, het vertel dat mens fisies kan sien hoeveel jy spaar as jy jou eie groente plant.

Om deeltyds met groente te boer skep werk, en dit is lekker om altyd vars groente byderhand te hê. Daar is ook so baie wat mens met groente kan doen, soos om kerriewortels te maak en in te lê.”

Die paartjie se kinders, Martinez Olivier 10, en Du Randt Killian, 9, het gesê die beste deel van vars groente op die hoewe is, “Die vars wortels en boontjies wat ons net daar in die lande kan eet.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button