Local newsLocal sportNewsSport

Randfontein-ringbal is tops

Klub: Ons wil graad elke een van hierdie atlete geluk wens met die groot prestasie.

Die Greenhills Ringbalklub nooi Randfonteiners vriendelik uit na hul oefeninge.

Kom word deel van hierdie gesinsport,” lui Hendrien Botma se uitnodiging.

Dié ringbalklub het heelwat om mee te spog. Verlede jaar, tydens die nasionale kampioenskappe in Margate het vier van hul spelers die Springbok Presidentespan gehaal, vier ander spelers die Springbok Uitnodigingspan terwyl nog vier hul Springbok-kleure ontvang het.

Fred Page van die klub het sy kleure as bestuurder van die uitnodigingspan verwerf terwyl Gert Niewout en Hendrien albei hul Springbok-kleure as skeidsregters gekry het. Uit omtrent 60 skeidsregters is Gert en Hendrien onder die top vier in die land.

Daar was ook van die klub se spelers in ‘n internasionale Protea-groep wat gedurende Desember in die buiteland gaan toer het en as algehele wenners teruggekeer het. Die klub se nasionale en internasionale spelers is uit meer as 2 000 ringbalspelers gekies.

“Ons wens elkeen van hierdie atlete geluk met die groot prestasie. Dit is inderdaad welverdiend,” het Hendrien gesê.

Die klub wil vanjaar voortbou op hierdie prestasies en nooi belangstellendes om by hulle aan te sluit.

Oefentye:

• Juniors Dinsdae en Vrydae van 6nm tot 7nm

• Seniors Dinsdae en Vrydae van 7nm tot 8nm

Navrae: Fred Page by 083 307 5531.

Riandre Gerber en Duhandre Joubert van die Proteaspan.
Riandre Gerber en Duhandre Joubert van die Proteaspan.

 

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button