Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Ramkriekies-atletiek of olimpiese spele?

Die Ramkriekie-onderwyseresse het hard gewerk om van die dag 'n sukses te maak.

Laerskool Randfontein (Ram) se kleuterskool, Ramkriekies, het Saterdag, 23 Januarie ‘n atletiekbyeenkoms gehou vir al die voorskoolse leerlinge van drie jaar tot Graad R.

Verskeie kleuterskole soos Little Snails, Heidi en Peter, Melktandjies en Bollie Bekkies is uitgenooi om deel te neem.

Volgens Annie Nolan, Ram-skoolwoordvoerder, het kleuters wat nog nie drie is nie ook aan die byeenkoms deelgeneem. Hulle ouers kon saam met hulle hardloop en hulle help om rigting te hou.

Die Graad R-kleuters is oud genoeg en het hul resies sonder hulp voltooi. Annie het vertel die kompetisie was sterk en ‘n paar uitdunrondtes was nodig. Al die kleuters wat gehardloop het, het ‘n ysie ontvang. Dié in die top drie plekke het almal ‘n medalje ontvang.

Die Ramkriekie-onderwyseresse het hard gewerk om van die dag ‘n sukses te maak. Elke maatjie het ‘n pragtige naamkaartjie gekry en vele trane is afgevee van maatjies wat so ‘n bietjie bang was. Dit was groot pret en almal het die dag baie geniet,” het Annie gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button