Local newsLocal sportNewsSchool sportSport

Ram se spesiale huissportbyeenkoms

Ram hou boeresport vir graad 1-huissportbyeenkoms.

Laerskool Randfontein het onlangs ‘n spesiale huissportbyeenkoms aangebied vir die nuwe groep graad 1-leerlinge.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder sê hulle het besluit om die huissport makliker te maak vir die nuwelinge aangesien hulle nie sterk genoeg is om aan al die sportsoorte deel te neem nie.

Vir gewigstoot het die graad 1s ‘n skorsie gebruik en party leerlinge het bewys dat hulle in die toekoms vir die nasionale-span mag speel – só vêr het hulle gegooi.

Hulle het ook jukskei gespeel met ‘n waterbalon en emmer as plaasvervangers vir die normale sporttoerusting. Hulle moes ‘n paar meter weg van die emmer staan en moes die waterballone binne-in gooi.

Vir spiesgooi het hulle plastiese vuurpyle gegooi. Daar was ook sakresies en ‘n variasie van ‘n eierloop met aartappels. Verspring en mini-hekkies het hand-aan-hand gegaan.

Soos met enige huissport was daar ook hardloop-items en die klein leerlinge het blitsvinnig na die eindstreep gesnel terwyl hul ouers foto’s neem en hul kind se naam skreeu.

Alle graad 1-leerlinge het deelgeneem maar ongelukking het die weer nie saam gespeel nie en voor die einde van die byeenkoms het die reën toegesak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button