Foutiewe telefoon laat paartjie in vrees

De Bod het die foutiewe lyn aan Telkom gerapporteer maar op 27 Januarie is daar nog geen verwikkeling nie.

‘n Bejaarde paartjie, Gabriël de Bod, 76, en sy vrou Rita, 71, het die ongerief van ‘n telefoon wat al vir ‘n week buite werking is en vrees dat niemand tot hul redding sal kan kom nie juis vir die rede.

Rita is ‘n sieklike vrou wat onder andere hartprobleme, asma, ‘n gehoorprobleem en arthritis het. Behalwe vir dit, sukkel sy ook om te loop. Gabriël kan sy vrou nie alleen by die huis laat nie want hulle foonlyne is al buite werking sedert 18 Januarie vanjaar. Sy kan nie ‘n sellulêre foon hoor lui nie en as daar iets gebeur, kan hulle nie vir hulp skakel nie.

Gabriël het die foutiewe lyn aan Telkom gerapporteer maar op 27 Januarie is daar nog geen verwikkeling nie. Lede van hulle familie en selfs die buurvrou het al geskakel om uit te vind of daar enige verwikkeling is maar elke keer is die antwoord “We are attending to this problem.”

Op 25 Januarie het ‘n konsultant aan Gabrië gesê die datum waarop die foon herstel sou wees, 25 Januarie is. Die paartjie wag nou dag in en dag uit vir ‘n tegnikus om op te daag.

Die Herald het ondersoek ingestel en Telkom se foutiewe lyn se nommer geskakel. ‘n Konsultant het die verwysingsnommer bevestig, maar haar antwoord was dat daar nog nie ‘n tegnikus na hul foutiewe lyn verwys is nie. Sy het bygevoeg dat daar ‘n tydperk van 7 tot 14 dae is waarin Telkom tyd het om foutiewe lyn te herstel. Gabriël verduidelik dat niemand dié tydperk aan hom genoem het nie.

Die Herald het die paartjie se situasie aan ‘n Telkom-konsultant verduidelik waarop sy gesê is dat ‘n nota van hul situasie deurgegee sou word aan die betrokke tegnikus.

Vir nou wag die bejaarde paartjie elke dag op hulp en bid en hoop dat die noodlot hulle nie nou sal tref nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version