Riebeeck-helde skenk bloed

Graad 12-leerling: Dit is 'n lekker gevoel om mense in nood te kan help.

Leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand het Dinsdag tou gestaan om vir die eerste keer vanjaar bloed te skenk.

Volgens die skool was ongeveer 57 leerlinge gewillig om hul vrees vir ‘n naald te laat vaar en hul deel vir die samelewing te doen deur bloed te skenk vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD).

Die SANBS is glo sedert 2001 betrokke by die skool en is baie dankbaar vir die aantal leerlinge wat elke jaar hul deel gee. Hulle besoek ongeveer vier maal per jaar die skool.

“Dit was vir my ‘n groot plesier om bloed te kan skenk, dit help lewens red,” sê Heinrich van Deventer, ‘n graad 11-leerling wie vir ‘n vyfde keer bloedgeskenk het.

Palesa Moletsane, ‘n SANBD-beampte sê dat hulle 27 liters bloed van Riebeeck ontvang het.

Moletsane verduidelik, “By party skole is daar net 15 leerlinge wat bloed skenk, ons is baie tevrede met die hoeveelheid bloed wat Riebeeck kon skenk. ”

Moletsane sê dat die bloed ongeveer 24 tot 36 dae neem voordat dit vrygestel kan word. Die toetse wat hulle eers op die bloed doen, toets vir bloedtipes; hippatitius B en C; syphilis en MIV/vigs.

Freek Henn, nog ‘n graad 12-leerling meen “Dit is ‘n lekker gevoel om mense in nood te kan help.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version