Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Massas neem deel in Jannas-rugbyproewe

Skool: Ons is baie opgewonde om te sien wat die jaar vir ons inhou.

Dit blyk of afrigters van Hoërskool Jan Viljoen se rugbyspanne baie spelers sal hê om van te kies vir die opkomende seisoen.

Dit nadat ‘n massa groep leerlinge vir die rugbyproewe opgedaag het.

“Die keurders het beslis ‘n baie moelike taak op hulle hande om te verseker dat geen talentvolle leerling uitgelaat word nie,” sê Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder.

Herman Badenhorst, een van die eerstespanafrigters is baie beïndruk met die diepte wat tot ons beskikking is.

Ons is baie opgewonde om te sien wat die jaar vir ons inhou en glo dat ons weer so ‘n suksesvolle jaar sal kan beleef soos verlede jaar,” sê Badenhorst.

Verlede jaar was Jannas se o.16-span (Die Blou Masjien) onoorwonne in die Superreeks. Hul o.15-span was ook as die Roodepoort Rugbyreeks se plaatwenners gekroon.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button