Local newsNewsSchools

Van groentjie tot volwaardige Riebeeckrander

'n Kyk na hoe die nuwe groep graad 8s by Hoërskool Riebeeckrand verwelkom is.

Hoërskool Riebeeckrand se seniorraad het onlangs die nuwe groep graad 8-leerlinge van 2016 met ope arms verwelkom.

Die tema vir die dag was, Minions.

Die gr.8-leerlinge het ‘n toer deur die skoolgronde gekry om te verseker dat iedere en elk van dag een af tuis voel. Nadat hulle die skoolgronde verken het, was hulle met ‘n pretdag bederf.

Die leerlinge het eerstens hul gate uit geniet met die waatlemoenfees en waterkaskenades deur op die rugbyveld. Die dag daarna moes die groep graad 8s die skoolhekke binne gaan met ‘n Minion-baba.

Omdat die ouers vir Hoërskool Riebeeckrand net so belangrik is soos die leerlinge was daar een Vrydagaand ‘n graad 8-ouerbraai. Die ouers het hier die geleentheid gekry om hul kinders se onderwysers te ontmoet.

Na afloop van die braai het die graad 8-leerlinge saam met die seniorraad en onderwysers ‘n deurnag gehou. Nie net was dit ‘n aand van pret en plesier nie maar was die gr.8’s ook hard aan die oefen vir hulle groentjiekonsert wat in Februarie plaasvind.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button