Local newsLocal sportNewsSport

Staan op vir die kampioene

Kaptein praat oor span se 2015-titelsukses – 'n eerste vir klub sedert 1998.

In 2015 was daar net een hokkiespan – Randfontein Hokkieklub se manseerstehokkiespan.

Vir Pieter Liebenberg, die kaptein, was die prestasie om as die Suid-Gauteng Hokkievereniging (Southern Gauteng Hockey Association) se 6B-ligakampioene gekroon te woord beslis die room op die koek en ‘n welverdiende beloning vir sy span se harde werk gedurende die 2015-seisoen.

Die kampioenspan hul 2015-veldtog afgesluit sonder om te verloor – uit 12 kragmetings het hulle ‘n indrukwekkende agt gewen en slegs vier gelykop gespeel.

Volgens Pieter was 2015 boonop die eerste keer sedert 1998 dat die klub titelsukses geproe het – toe hy ook deel van die wenspan was.

Vanjaar wil hulle weer so maak.

Die manne het bloed gesweet om dit te vermag. Hulle het elke wedstryd met hart en siel gespeel en die gees onder mekaar was altyd hoog. Hierdie span is my trots, elke individu kan uitgesonder word as ‘n wenner, elke speler het volhard.

“Die spelers het op die veld en van die veld af gegroei met deursettingsvermoë, geloof en volwassenheid. Dis my hokkiefamilie! Ek glo God het nog groter planne vir ons in 2016,” het hy vertel.

Pieter bedank graag ook talle mense vir hul bydraes tot die sukses van die span verlede seisoen, maar veral elke speler. Hy bedank ook die bestuur van Hoërskool Riebeeckrand vir die gebruik van hul fasiliteite.

Oefening vir die 2016-seisoen skop op Dinsdag 2 Februarie by Hoërskool Riebeeckrand af van 6.30nm tot 8nm.

• Navrae: Pieter by 079 883 0273 of via e-pos pieter.sales@gmail.com.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button