Local newsNewsSchools

Welkom Graad 8’s – Jannas VLR

Jannas bedank elke ouer, leerling en onderwyser wat die aand suksesvol gemaak het vir hulle nuwe Graad 8's en hul ouers.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se nuwe groep Graad 8-leerlinge het Vrydag 15 Januarie die geleentheid gehad om die skool se onderwysers en Graad 12 VLR tydens ‘n gesellige ken-mekaar-aand te ontmoet.

Anja Esterhuizen, Jannas-president van 2015/2016 was een van die leerlinge wat die ouers toegespreek het.

Op die dag en voor die groot oomblik met ouers en die VLR het Graad 8’s tyd gehad om ontslae te raak van hul energie deur rugby te speel op die skool se vierkant en in die saal te dans,” Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder vertel.

“Die vure se vlamme was hoog en die kos wat deur Jannas se kafeteria voorsien is, was heerlik. Tyd was ook nie ‘n kwessie nie aangesien almal tot laat saam gekuier het.”

Jannas bedank elke ouer, leerling en onderwyser wat die aand suksesvol en spesiaal gemaak het vir die nuwe groep Graad 8’s en hul ouers.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Jannas verwelkom nuwe Graad 8s

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button