En jou Riebeeck-atletiekwenspan is …

Witspan die baas in atletiek, oranjespan stap weg met sangbeker.

Dit was ‘n geveg tot die bitter einde toe Riebeeck-leerlinge mekaar op die atletiekveld tydens hul Interhuis pak maar daar kan slegs een wenner wees.

Eintlik twee …

Die span wat die atletiekbeker gewen het is die witspan, die blouspan was tweede en die oranjespan derde. Ten spyte van hul teleurstellende vertoning op die veld was dit tog die oranjespan wat die sangbeker gewen het. Die witspan was weer tweede en die blouspan derde.

Die beste prestasies van die byeenkoms is soos volg:

• Janco Saunders: 3 000 meter met 667 punte

• Cindy Ferreira: Hoogspring met 757 punte

Die Junior victrix en victor ludorum wenners is:

• Dogter – Leona Pretorius

• Seun – Charl Dempers

Die Senior victrix en victor ludorum wenners is:

• Dogter – Marthie Venter

• Seun – Daemian Breedt

Daemian Breedt, Marthie Venter, Charl Dempers en Leona Pretorius is onderskeidelik as die junior en senior victrix en victor ludorum-leerlinge aangewys.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Riebeeck skop jaar af met interhuis

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version