Baba pronk in kosbare inseënrokkie

Wie sê 'n rok is te oud om te dra?

Melinda, die pragtige driemaande-oue dogtertjie van Melissa en Anthony Hugo is Sondag 17 Januarie ingeseën. Sy het te fraai gelyk in die rokkie wat reeds 63 jaar oud is.

Koba Swanepoel het die spesiale rokkie in 1953 gemaak – dieselfde jaar as wat Joseph Stalin gesterf het en die eerste suksesvolle opehartoperasie in Philadelphia gedoen is.

Die rokkie is oorspronklik vir die oudste De Beer dogter Petro gemaak, wat dus die eerste geslag was wat die rokkie tydens haar inseëning gedra het.

Twintig jaar later, in 1973 is Petro se oudste dogter, Melanie, ook daarin gedoop en natuurlik na sewentien jaar, in 1990, het Marie de Beer se dogter, Melissa, die tradisie voortgesit met haar inseëning.

Die rokkie so mooi opgepas dat klein Melinda dit 26 jaar later kon dra – die vierde geslag wat in die rokkie ingeseën is.

In ‘n tyd waarin die tradisionele doop- of inseënrokkies al hoe meer plek maak vir moderner kleertjies, is dit verfrissend om die pragtige tradisie van lang, met sorg gemaakte rokkies nog te kan beleef; veral een van 1953!

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version