Local newsNewsSchools

Jannas verwelkom nuwe Graad 8s

Skool: Mens kon die trots en vrees gelyktydig op hul gesigte sien.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het verlede Dinsdag hul nuwe groep Graad 8-leerlinge verwelkom.

Die dag het afgeskop waar elke leerling in hul voogklas ingedeel is. Die graad 8s het ook huiswerk gehad. Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder moes leerlinge hul groentjie naam, ‘Oli-krokenoster struisefant’ ontleed en hom of haar persoonlike sak versier volgens sy klas se tipe dier.

“Die volgende dag het die graad 8s die tradisie voortgesit toe hulle in ‘n ry ritmies op maat van musiek stap – dit nogal in ‘n stampvol saal waar die res van die skool, personeel en ouers hul ingewag het.

“Mens kon die trots en vrees gelyktydig op hul gesigte sien. Op die einde van die dag weet ons hulle gaan egter baie vinnig deel voel van die Jannas-familie,” het Smith gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button