Rierand skop nuwe jaar af met interhuis

Hoërskool Riebeeckrand het Maandag hul atletiekseisoen afgeskop in die vorm van hul jaarlikse Interhuis. Leerlinge was in drie spanne verdeel naamlik die wit, blou en oranje spanne. Atlete het in die volgende veld- en baanitems teen mekaar deelgeneem: 100 meter, 200 meter, 400 meter, 800 meter, 1 500 meter en 300 meter hardloop; Hekkies; Verspring; Hoogspring; Driesprong; Gewigstoot; Diskusgooi; Spiesgooi.

 

Exit mobile version