Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeck skop jaar af met Interhuis

Al die atlete wat deelgeneem het, het hulle spanne se name hoog gehou, en hulle uiterste beste gegee.

Hoërskool Riebeeckrand het Maandag hul atletiekseisoen afgeskop in die vorm van hul jaarlikse Interhuis.

Leerlinge was in drie spanne verdeel naamlik die wit, blou en oranje spanne.

Atlete het in die volgende veld- en baanitems teen mekaar deelgeneem:

100 meter, 200 meter, 400 meter, 800 meter, 1 500 meter en 300 meter hardloop; Hekkies; Verspring; Hoogspring; Driesprong; Gewigstoot; Diskusgooi; Spiesgooi

Die drie spanne het ook hard gees gevang en met die sangbeker in gedagte, het hulle die beste liedjies deur die hele dag gesing. Die blou span se tema was ‘Let’s be cops’, die wit span, ‘Insane Asylum’ en die oranje span, die ‘Orange Mafia’.

“Ons het die naam gekies want dit weerspieël ons dirigente se persoonlikhede,” het Shunny Bothma van Insane Asylum gesê laggend.

Elke atleet wat deelgeneem het, het hul betrokke span se naam hoog gehou asook en hul beste op die baan en veld gegee.

“Ek geniet die dag sommer baie, daar is soveel gees in die lug en almal wil graag hê hulle span moet wen,” het Adrian Botha in graad 12 gesê.

Die finale uitslae en rekords sal in ‘n opvolg berig volg.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button