Randfontein Skou-terugflits: 1994 tot 1997

'Baie mense se hulle kom ontmoet mekaar elke jaar hier en hernieu die ou bande.'

Die Herald kyk hierdie week na die gebeure by die Skou vanaf 1994 tot 1997.

In 1994 is daar in ‘n Keur-tydskrifartikel geskryf, “Die Wes-Randers praat van die Kuierskou – Randfontein se groot saamtrek wat vanjaar duisende gelok het.

Baie mense sê hulle kom ontmoet mekaar elke jaar hier en hernieu die ou bande,” het Khaki Grundlingh, ‘n lid van die skoukomitee gesê.

Kaartjies was daardie jaar R5 vir volwassenes en R2 vir kinders – wat dit glo die goedkoopste skou in Suid-Afrika maak. Kunstenaars soos Andre Schwartz en Bles Bridges het opgetree en Elsa Skttekamp is as die beste Skou-verkoopspersoonlikheid aangewys.

In 1995 sluit die program hoogtepunte in soos Kenny Jacobs, die Memorial Nite Race, en Len Ashton balanseer ‘n motorfiets asook ‘n Uno-motor op sy ken. Kunstenaars wat opgetree het sluit in Jacques Marais van Wielie Walie, Flying Rochelles, Patricia Lewis Dancers, Colesky Brothers en PJ Powers.

In 1996 het die skou sy 10de jaar van feesvieringe gevier. Daar was ‘n onvergeetlike vuurwerkvertoning en op die program was die SAP Motorfietsvertoongroep, Simba Lugballonritte en Tiger Moths-verbyvlug. Die wenner van die Mejuffrou Skou-kompetisie was Leneldi Moolman, met Eerste prinses Marisa Kruger en tweede prinses Caroline Conradie. Die optredes van Suid-Afrikaanse sangers was ‘n treffer. Steve Hofmeyr en Charl Engelbrecht se vertonings het ‘n vol arena getrek.

Ander kunstenaars soos Johan Stemmet, Danie Botha, Janita Claassen, Annalie van Rooyen asook Innes en Franna was ‘n reuse sukses. Dit was ook die eerste keer dat so ‘n groot groep bekende sangers by die skou opgetree het.

Beste algehele uitstaller was niemand anders nie as NG Kerk Helikonpark.

Hoogtepunte in 1997 sluit in die kroning van Mej 1997 Randfontein Skou met Clive Bruce en die tema Country & Western, All Stars Rofstoei, Carl Benedict (Tribute to Elvis), ‘n veeparade, valskermspronge, Lazer Lighting and Sound Show, Jersey- en Vleismerino-kampioenskappe, Dogmor Hondeskou, Fly Promotions Stunt Show, Rina Hugo, Duitse Oompah-orkes, ponieritte, Albany Bakery Tinky Drops, go-karts, treinritte, Jeeps vir kleuters, miniplaas, ‘n vrouebiduur met Sonja Heroldt as gasspreker, Poplap en Nakkie die Nar.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

R’fontein Show flashback: 1990- 1993

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version