CrimeLocal newsNews

Vier vermeende inbrekers op heterdaad betrap

Vier verdagtes vasgetrek danksy sekuriteitsmaatskappy en GPF se blitsige reaksies.

Vier vermeende inbrekers is Dinsdag, 12 Januarie in Vergelenstraat in Culemborg Park vasgetrek.

EPR het die oggend ‘n oproep van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ontvang vir bystand met ‘n inbraak wat besig was om plaas te vind.

Met hul aankoms is EPR besonderhede gegee van die drie verdagtes se kleredrag en met behulp van die GPF is die drie naby die eiendom gearresteer. ‘n Vierde verdagte is ook deur ‘n lid van die GPF op ‘n nabygeleë speelterrein gearresteer. Die vier verdagtes is daarna aan die Randfontein Polisie oorhandig.

EPR is baie trots op hul lede se flink optrede en ook dankbaar vir die GPF se bystand.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button