Riebeeck neem hul jukskei ernstig op

Hoërskool Riebeeckrand spog met talle jukskeiprestasies.

Hoërskool Riebeeckrand spog met ‘n groep van ses jukskei-leerlinge wat die afgelope Desember aan die SA Junior Jukskeitoernooi in Kroonstad deelgeneem het.

Marna Bronkhorts, Anjalee Oudbier en Larisca Stoltz was vir die o.19-dogters in aksie terwyl Ju-hanie Wilken en MC Coetzer die o.16-dogters en Sandy Thwala die o.16-seunspan verteenwoordig het. Die o.19-gemengde span, die o.16-dogterspan en die o.16-seunspan het elk goud in dubbels verwerf.

Larisca Stolz was die o.19-gemengde span se kaptein met Ju-hanie Wilken wat die o.16-dogters en Sandy Thwala die o.16-seunspan as kaptein aangevoer het.

Volgens die skool is dit ‘n uitstekende prestasie om as kaptein tydens die SA Junior Jukskeitoernooi gekies te word. Riebeeckrand is trots op elke leerling wat aan die toernooi deelgeneem het en die wat as kaptein gekies is.

Maar die jukskeiprestasies stop nie hier nie. Larisca en Marna is verder in die o.19-provinsiale streekspan opgeneem terwyl Sandy Thwala die o.16 en Ju-Hanie Wilken die tweede o.16-provinsiale streekspanne gaan verteenwoordig.

Riebeeckrand spog verder met drie leerlinge wat in nasionale spanne opgeneem is.

Larisca en Ju-hanie is in die SA A-span ingesluit terwyl Sandy Thwala vir die SA-span in aksie gaan wees. Sandy is ook gekies vir die nasionale toerspan wat na Namibië gaan toer vir ‘n internasionale kompetisie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version