RCA se graad 1-sterre van die dag

Skoolhoof: Hulle is ons toekomstige ministers.

Dit was ‘n emosionele Woensdag-oggend toe die nuwe graad 1s hul by Randfontein Christian Academy aansluit.

Volgens Dr. Chris Ayres, RCA se nuwe skoolhoof was daar trane toe die graad 1s hul ma en pa totsiens sê.

Chris, wat met 40 jaar se ondervinding in onderwys spog se boodskap aan ouers is, “Ouers moet op die punt kom waar hulle die onderwysers kan vertrou en verstaan dat die onderwysers ‘n verlengingstuk van die ouerhuis wil wees. Skool is ‘n plek waar kinders veilig en gelukkig moet voel.”

Ons sien die graad 1s soos diamante in ons hande waar ons hulle moet sluip vir die toekoms sodat hulle ‘n suksesvolle en gelukkige toekoms kan hê. Hulle is ons toekomstige ministers.”

Clarisse Venter, die graad 1s se onderwyser sê dat ‘n graad 1-leerling, Pilele Vezi, se hart baie seer was al het hy verskriklik uitgesien na sy eerste dag.

“Die ander leerlinge, Savannah Coopoosammy kan baie lekker gesels en Isabel van Niekerk lyk gelukkig in haar nuwe klaskamer,” het Clarisse bygevoeg.

FOTO’S:

• Laerskool Randfontein

• Randfontein Primary

• Toekomsrus Primary

• Laerskool Rapportryer

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Skool toe vir Rappies graad 1s

Eerste skooldag van Ram-kleinstes

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version